​TUISGEMAAKTE MAYONAISE

(Annetjie Cilliers)
Bestanddele

2 eiergele 

2ml mosterdpoeier

2ml sout

knippie witpeper 

10ml suurlemoensap of asyn

250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan
Metode

Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak. Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word.(Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

​SPITBRAAI SOUS


Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20/22 kg skaap/of lam

1 bottel olie

1bottel wit asyn

1bottel bruin asyn

200ml sout (ons gooi 1 klein pakkie sout in – dit  proe partykeer of dit te min sout is)

1 refill pakkie swart peper

1 refill pakkie “pickling spices” of 1 houertjie Robertson BBQ speserye of  jou eie keuse bbq speserye

1 bottel worstersous

2 eetlepels garlic

500gr bruin suiker

3 tot 4 groot uie )gerasper

Laat staan oornag vir gebruik die volgende dag

Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit – of gebruik net so met die stukkies – dit is baie lekker – ek verkies die stukkies op die skaap.

Bedruip skaap die heeltyd met die sous

Ek spuit  ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai

Hou die kole warm

​OCEAN BASKET SE KNOFFEL & SUURLEMOEN SOUSIE


1 Kg Romi Margarien
1 L Room

60g Vis Speserye

200g Fyngedrukte Knoffel

125ml Suurlemoensap

20g Koekmeel

1Kg Mossels
Smelt die Romi margarien en voeg dan die room, suurlemoensap, vis speserye, knoffel en meel by en roer aanhoudend oor ‘n lae hitte

Moenie te lank kook nie – net tot alles goed gemeng is

Bedien oor vis, prons, mossels of enige seekos wat jy verkies.

Lekker Resepte Vir Jagters En Boere

Biltong sop (Bernard)

Ingredients

125 ml butter

2 beef stock cubes

10 ml coarsely ground black pepper

2 ml whole nutmeg, grated

2 ml  freshly ground coriander

250 ml cake flour

500 ml  milk

2 Litres boiling water

250 ml coarsely grated Cheddar cheese

200 gr finely sliced moist biltong

cream and port to taste

100gr grated blue cheese

bread sticks for serving

 

Servings: Change Serving

Method

Melt the butter in a heavy-based saucepan. Crumble the stock cubes and add along with the spices. Add the flour and heat, stirring continually until the flour begins to simmer. Mix the milk and boiling water, and slowly stir into the flour mixture. Stirring continually, heat slowly over medium heat until the mixture begins to simmer and thicken. Remove from the heat and stir in the Cheddar cheese and half the biltong. Do not bring the mixture to boil again. Keep warm until ready to serve. Stir in a little cream and port just before serving if desired. Ladle the hot soup into deep soup bowls and scatter a little of the remaining biltong and crumbled blue cheese on top. Serve with bread sticks.

TUISGEMAAKTE MAYONAISE (sonder suiker)

Bestanddele

2 eiergele

2ml mosterdpoeier

2ml sout

knippie witpeper

10ml suurlemoensap of asyn

250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan

Metode

Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak. Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word.(Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

MRS BALL’S Blatjang

Mrs Ball's Blatjang

(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.

BESTANDDELE:

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.

METODE:

1.Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
2.Kook vrugte in asyn en dreineer
3. Maal in klein stukkies in n meul ( of versnipper met kombuismes).
4.Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
5. Voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
6. Roer nou en dan met n houtspaan dat dit nie vasbrand nie
doen in inle-bottels

met die bottel toe, kan dit jare bewaar word en met die oop, kan jy dit so n half jaar in yskas(koelkast) bere.