Biltong en Blou Kaas sop

’n Eg Suid-Afrikaanse sop met ’n tikkie Frankryk.

80g botter
1 E Koljander korrels – fyn gestamp
1 E Swart peper korrels – fyn gestamp
1 Stewige knypie sout
1 t Neut muskaat – fyn gemaal
0,5 – 1 koppie meel
2L Melk
500g nat, fyn gekerfde biltong
200g Bloukaas – gerasper
400g Cheddar kaas – gerasper
250ml vars room
50ml port

Smelt die botter in ’n swaarboom kastrol. roer die Koljander, peper, sout en neut muskaat in.
Gooi nou die meel by tot ’n stywe bol deeg gevorm is.
Roer nou die melk, net ’n bietjie op ’n slag in, soos wat jy witsous sal maak.
As jy in die begin te veel melk op ’n slag ingooi, gaan jy meel klonte in jou sop he.
Wanneer die deeg ’n slap loperige sous geword het, gooi die biltong in, maar hou ’n klein bietjie oor vir garnering.
Roer vir so 30 sekondes.
Gooi nou die bloukaas in, maar hou weer so bietjie uit vir garnering.
Wanneer bloukaas gesmelt is, gooi die cheddar kaas in en roer tot gesmelt.
Die sop is nou gereed en moet nie meer baie langer op die stoof bly nie.
Net voor jy opskep, gooi die room en die port in en gee een vinnige roer.
Skep nou in sop bakkies en garneer met orige biltong en blou kaas.
Jy kan ook ’n bietjie pietersielie opsit en as jy dalk nog room het, net so ou straaltjie in die rondte gooi oor die sop.