Nacho-slaai

Nacho-slaai

FRIKKADELLE
500 g boerewors
250 g tamaties
125 g (½ pak) nachos
150 g slaaiblare
1 avokado, in stukke gesny
SLAAISOUS
10 ml (2 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) olie
sout en peper
Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. FRIKKADELLE Druk die vleis uit die wors, maak balletjies en braai 10 minute. Pak die tamaties tussenin en rooster onder die roosterelement tot die tamaties bars.
  2. SLAAISOUSKlits alles saam en meng deur die blare en avokado.
  3. Pak op ’n bord en rangskik die frikkadelle, tamaties en nachos bo-op.
  4. Sit voor saam met Griekse jogurt.

Mosterdsteak en uie ringe

Mosterdsteak en uie ringe

 

STEAK

4 x 150 g-riboogsteaks
sout en peper
10 ml (2 t) olie
MOSTERDKORS
45 ml (3 e) heelkorrelmosterd
5 ml (1 t) Dijonmosterd
UIERINGE
250 ml (1 k) bruismeel
250 ml (1 k) sodawater
knippie sout
olie vir diepbraai
2 uie, in ringe gesny

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. STEAKVryf die steaks in met die sout, peper en olie.
  2. Braai in ’n baie warm pan tot buiteom geseël.
  3. MOSTERDKORSMeng die korsbestanddele en smeer op elke steak.
  4. Oondrooster die steaks 5 minute of tot gaar soos verkies.
  5. UIERINGE Klits al die bestanddele behalwe die uie saam.
  6. Verhit die olie vir diepbraai. Doop die uieringe in die beslag en braai tot goudbruin.
  7. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met die steak.