Tropiese afkoeldrankie

Genoeg vir: 1,5 liter
Bereidingstyd: 30 minute

Bestanddele:
• ½ papaja
• ½ pynappel
• 2 kiwivrugte
• 2 piesangs
• 2 grenadellas
• 2 skywe waatlemoen
• 160 ml klappermelk
• 250 ml bevrore jogurt (ons het aarbei gebruik)
• ’n hand vol ys

1 Sny al die vrugte op en sit dit in Glad Ziploc-sakkies in die vrieskas tot gevries. (Maak sommer genoeg voorraad vir ’n paar smoothies!)
2 Gooi die vrugte saam met die klappermelk, bevrore jogurt en ’n hand vol ys in ’n voedselverwerker (mits jou masjien dit toelaat) en pols tot glad. Giet in herseëlbare houertjies en pak in die koelsak, reg vir die see.

0113FOkortpad-13MOBI

Advertisements