Gluhwein

3/4 kop water

3/4 kop suiker

1 kaneelstokkie

10 heel naeltjies

1 lemoen

1 bottel rooi wyn

Kook water en suiker. Voeg by kaneel, lemoensap, druk naeltjies in lemoenskille en simmer vir 30min tot dikker. Voeg wyn by en bring tot stoom, nie kook nie.

Beestong in tamatie sampioensous

1465135_620259378030601_630768591_n1 vars of gepekelde beestong

1 groot ui, fyngekap

30 ml kookolie

1 x 285g heel sampioene

125 ml tamatiesous

125 ml asyn

30 ml suiker

10 ml aangemaakte mosterd

10 ml sout

1 ml peper

SO MAAK JY:

As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word. Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.

Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.

Bak die tong 30 minute lank by 180ºC.

Lewer 6 8 porsies.