Hemelse Vader, ons as Christen vroue en paar manne sluit vannaand af met die woorde. U is ons lig en ons redding. U is die krag en toevlug van ons lewe. Vir wie sal ons bang wees? Selfs al sou n hele weermag teen ons afstorm. En ons omsingel en oorlog teen ons verklaar, sal ons nie bang word nie. Ons is sterk en hou moed, want ons weet U is oral waar ons gaan. Leer ons en ons families die pad wat ons moet loop. Dan as ons roep sal U ons antwoord. Ons vra dit in U groot en Heilige Naam Amen.